0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Nuwe Vlam Vir Vincent (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Nuwe Vlam Vir Vincent (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie.

Dít ontdek Mara toe Vincent vyftien jaar na hulle egskeiding weer haar buurman word. Die ou vonk is onmiddellik terug, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Vincent het in die vyftien jaar ná hul egskeiding ‘n hele harem vroue vir hom bymekaar gemaak met ‘n string mislukte verhoudings. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat sy nog altyd sy hart in haar hande gehou het en dat hy nie ‘n tweede kans op geluk wil verloor nie.

Maar vir Mara lyk dit of Vincent weer besig is met sy ou streke. Sy stel glad nie belang in Vincent en sy skielike vlerkslepery nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?

Tussen Kerels (Paperback): Cecilia Nortje Tussen Kerels (Paperback)
Cecilia Nortje
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Annie Kruger is werkloos, en kêrelloos. Wanneer sy die geleentheid kry om vir ses weke vir die beroemde skrywer, Richter Jans, te gaan huishou, gryp sy dit met albei hande aan. Maar die bebaarde, bot man wat haar op die lughawe ontmoet lyk geensins soos die aantreklike skrywer op sy boeke se agterblaaie nie.

Richter het nie verwag dat sy nuwe huishoudster soos Annie gaan lyk nie. Nog minder dat sy so vinnig emosies in hom gaan wakker maak wat hy verkies om onder slot en grendel te hou na sy vrou se dood. Annie probeer op haar beurt om nie vir Richter in haar hart toe te laat nie.

Die enigste vlieg in die salf is die buurman wat ongevraagd Kupido begin speel om Richter van sy wewenaarskap te verlos.

'n Kans Op Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje 'n Kans Op Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?

'n Huis Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje 'n Huis Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tweede kanse vir tweedehandse harte …

Ná Milan se man se dood in ’n vliegtuigongeluk, moet sy haar rykmanslewe in Sandton vaarwel roep. Haar man het hul geld uitverkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans. Dis vir haar ’n groot aanpassing: Haar bure wat tydig en ontydig by haar huis inkom; die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge al ken hulle mekaar nie; die omgee vir mekaar en uiteindelik ook die omgee vir haar.

Haar geldsake is beroerd maar soos wat sy haar voete vind, en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik ’n leefstylwinkel in een van die dele van die huis.

Om dinge verder te kompliseer is daar twee mans wat haar in die oog het: Die eiendomsagent wat haar huis moet verkoop, Cloete Rademan, asook die boer op Skilderkloof, Herk Bocklenberg met sy moeilike dogter, lewenslustige tweelingseuns en dieselfde drang as Milan om oor te begin.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Tommee Tippee - Closer to Nature Soother…
R150 R137 Discovery Miles 1 370
Silicone Mask & Snorkel Set- Snr (Black)
R800 R582 Discovery Miles 5 820
Multi-Functional Bamboo Standing Laptop…
R595 R299 Discovery Miles 2 990
Power And Faith - How Evangelical…
Pontsho Pilane Paperback R280 R205 Discovery Miles 2 050
Soccer Waterbottle [Black]
R70 Discovery Miles 700
Hermes Le Jardin De Monsieur Li Eau De…
R2,614 R1,794 Discovery Miles 17 940
Low Carb Is Lekker Three
Ine Reynierse Paperback R320 R256 Discovery Miles 2 560
Match Game Scene Perception (30Pieces)
R99 R92 Discovery Miles 920
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990

 

Partners